![]() | ![]() |
Hier tref ons gelukkige inwoners aan, elkeen veilig woonagtig in 'n een- of tweeslaapkamerwoonstel met sy eie badkamer.




Dis 'n leefstyl vir oud en jonk waar inwoners vriende maak en mekaar se belange op die hart dra.


Versorgde Verblyf is 'n unieke konsep van aftree wat oorspronklik in Amerika raakgesien is, waar dit as Assisted Living bekend staan.
Hier woon persone soos in 'n hotel.
Mense wat nie self huishou nie of voel hulle het hul deel gedoen in die lewe wat huishou betref, sal hier baie goed inpas.
Jou self-ingerigte een- of tweeslaapkamer woonstel of kamer word gereeld deur goed opgeleide personeel deeglik skoongemaak en drie smaaklike etes word daagliks voorsien.
Personeel is deurentyd vriendelik en hulpvaardig.
Teen geringe koste word hulp gebied met aantrek, bed opmaak, hare kam, naels e.a.
Persone wat voel hulle sou graag met hulle tydgenote wou kommunikeer en alleenheid wil verdryf sal hier vind waarna hulle op soek was.




Die verkeer in hierdie omgewing is heel billik.
Bekwame dokters, hospitale en oogspesialiste is binne enkele minute bereikbaar.
Pretoria en Johannesburg is nie ver nie en dis betreklik maklik om indien nodig van die mediese fasiliteite daar gebruik te maak.
Praat gerus met ons vriendelike verkoopsdame!
CASSANDRA O'RILEY
|
Ons bespreek graag die volgende onderwerpe van belang:
Slaggate om in ag te neem wanneer u besluit oor 'n Versorgde Verblyf fasiliteit
Verstaan die Verskil tussen Versorgde Verblyf en Verswakte Sorg
Hoe duur is Versorgde Verblyf versus om in u eie eiendom te bly?
Wanopvattings oor Versorgde Verblyf: Kom ons kry duidelikheid
Versorgde Verblyf opsies: Hoe verstaan u Lewensreg vs. Deeltitel vs. Huur?
Vrae om Te Vra Wanneer U ‘n Aftree-Oord Besigtig
Finansiële Voorbereiding vir Versorgde Verblyf: Wat U Moet Weet
Meer aangaande die PANORAMA HERBERG Versorgde Verblyf-suites
Van die inwoners wat reeds 'n geruime tyd in die PANORAMA HERBERG woonagtig is, lewer die volgende kommentaar:
'Ek het in Panorama Herberg kom bly vir die samesyn met my tydgenote, die veiligheid, jy hoef nie kos te kook nie, jy hoef nie skottelgoed te was nie en nie wasgoed te was nie.
Die personeel is baie hoflik en hulpvaardig, en altyd vriendelik.
Ek het my selfvertroue weer hier in Panorama Herberg gekry.'
- Bg. dame woon reeds drie jaar in Panorama Herberg.
'Hier was aan einde Maart gaste by ons, wat in Panorama Herberg Aftree-oord in 'n woonstel bly.
Hulle is so ons ouderdom, 66 jaar.
Ook dol gelukkig daar!'
- Anoniem
'I've been staying at Panorama Herberg for 21 years. This is the most wonderful place and the staff is extremely kind and helpful.'
- Betty Mansfield
'Ek bly al drie jaar hier en het nog elke dag 'n heerlike bord kos geniet. Baie dankie vir wat julle hier vir ons inwoners doen.'
- Paul van Schalkwyk
![]() ![]() |
Please visit PanoramaHerberg.co.za today!